
Kruiekoek uit die boonste rakke.
Bestanddele:
3 koppies koekmeel
1.5 telepels bakpoeier
0.5 telepel koeksoda
1.5 telepels seesout
3 eetlepels franse kruie (pietersielie, grasuie, tiemie, marjolein, lourierblare)
1 koppie suiker
0.5 koppie vars lemoensap
1 koppie olyfolie
1 koppie karringmelk
3 eiers
Smeer of spuit jou gunsteling koekpan. Vir hierdie resep gebruik ek my 4 klein bunt cake panne. Jy kan dit ook in twee gewone koekpanne gooi. Deeg kan twee derdes van die pan vul. Bak dit dan teen 180 grade celcius tot goudbruin, 30 min tot 1uur -hangende van watter panne jy gebruik.
Laat afkoel vir 10 minute en keer dan om oop afkoelrak.
Versier dit dan met die volgende versiersel:
1 koppie versiersuiker
2 eetlepels lemoensap
Rasper bietjie lemoenskil bo-oor en bedien met n takkie vars kruie.